Sarie Marais

R649.00

Die ontwerpers-item is perfek vir enige seisoen, enige tyd van die dag en natuurlik pas swart by absoluut alles in jou kas.

Die toppie word uit ‘n duursame rek katoen gemaak en die boonste gedeelte uit geplooide tulle.

Laastens word die bloes afgerond met ‘n fyn tulle randjie wat dmv rygplooitjies sorg vir die mooiste detail.

Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

 

 

Hoe is sy gemaak?

Die kraag van die bloes word heel eerste gemaak. Die tulle gedeelte van die kragie word met rygsteke op die perfte wydte geplooi en tussen die katoen kraag panele vas gestik en dan na buite gedraai. Die kragie word agter met ‘n mooi knopie afgerond.

Die volgende stap is om die bogenoemde gedeelte in die nek holte in te pas. Om dit te doen word die skouer nate vasgestik en die nekholte met die hand ingeryg totdat dit perfek in mekaar pas. Daarna word dit versigtig in plek vasgestik.

Sodra die lyfie se bors pylnate en snynate netjies vasgestik is, word dit aan die boonste tulle gedeelte vasgewerk.  

Die fyn tulle randjie word dmv ryplooitjies op die snylyn perfek vasgewerk.

Laastens word die hempie onder omgesoom.

Ons maak dit met liefde

#metliefdeuitdieoudedoos

Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Size

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), CUSTOM