Ouma se Swembroek

R897.00

Geinspireer deur ons eie slagspreek: met liefde uit die oudedoos, bring Naak vir jou ‘n swembroek uit die 50s.

Die mees belangrikste faktor van die ontwerp was eerstens die pas van die swembroek en tweedens die kwaliteit en stikwerk.

Die swembroek sal nommerpas sit aan enige liggaamsbou as gevolg van beide strukke rondom die nek en bors wat dus verstelbaar is vir enige grootte boesem en dus so ontwerp is vir die nodige ondersteuning.

Die hoë-middel snit is spesiaal so ontwerp om aan te pas by die moderne tyd sodat jou boudjies net genoeg wys, maar nie te konswerwatief vertoon soos in die 50s nie.

Die swembroek word spesiaal met ‘n dikker materiaal aan die binnekant gevoer  ten einde gladder voorkoms rondom jou maag en boude te verseker, wat elke duitjie en bultjie mooi wegsteek. (Net die ‘curvy’ meisies gaan weet waarvan ons hier praat.)

 

Hoe is sy aan mekaar gesit?

Die kleinste en heel belangrikste detail van die swembroek word heel eerste gedoen; die klein paneeltjie op die bors. Baie tyd en aandag is op die detail van die V-kragie spandeer om te sorg dat die V- punt simetries is en daarna word diebo-steek presies volgens die kurwe met die hand gestik sodat die stikwerk perfek op die vorm moet loop.

Voor ons met die toppie kan begin moet die bande eers gemaak word. Die nek en rug bandjies word individueel met die hand gestik en met die hand na buite omgedraai.

Om die toppie te maak word die ‘polka dot’ materiaal eers aanmekaar gewerk en daarna die voering patroon sodat jy n top van ablei het. Die kraag word in plek gewerk saam met die twee nek bande en word tussen die twee lae, ‘polka dot materiaal’ en voering geplaas en vasgestik. Die rug bandjie word nou ook tussen die twee lae gewerk sodat wanneer dit weer omgekeer word,daar nie nate in die binnekant is nie ,maar dat die item glad teen die lyfie lê.

Heel laaste word die broekie gemaak, die voering en materiaal word saam gewerk en n rek word in die middelyf en beenholtes gestik wat dan afgerond word met n naatbedekking stiksel (coverseam).

Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Size

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L)