Klein maar getrein

R779.00

Die kort-snit toppie (crop top) is perfek vir enige geleentheid van ‘n troue tot klasloop.

Die hempie bestaan uit 100% linne waarop ons ‘n pienk blom patroon laat druk het en katoen aan die binnekant, waarna dit afgerond word met twee treffende tulle moutjies.

Die reguit neklyn is juis so ontwerp dat die moutjies net genoeg beklemtoon word.

Die hempie het ook ‘n ritssluiter agter, sodat jy nie jou hare hoef deurmekaar te maak wanneer jy die hempie aantrek nie.  

 

Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

 

 

 

Hoe is sy aan mekaar gesit?

Die ontwerp sluit twee prinses snylyne sodat die hempie passend om jou borste sit.

Die hempie bestaan uit 5 panele wat met die hand uitgeknip, gestik en gestryk word waarna dit afgerond word met geplooide tulle moutjies.

Na elke naat gestik is, word die panele gestryk om dus die alghele kwaliteit en binding van die kledingstuk te verhoog, tot op standaard.

Dit hempie word met ‘n katoen gevoering om die drukwerk van die materiaal meer te laat uitstaan.

Die moutjies word met 2 gare ingeruig om seker te maak dat dit eweredige plooitjies maak reg rondom die skouer. Daarna word die ryggare baie versigtig en met baie geduld uitgetrek en laastems word die plooitjies vasgestik op die voorste snylyne oor die tulle bandjies en einding op die agterkant.

 Die agterkant word afgerond met ingerygde rek (shirring) wat maak dat dit beslis die gemaklikste toppie in jou kas gaan wees.

Die rek sorg ook vir speling op die maat grootte, sodat die passend om ‘n reeks borsmates pas so die hampie is basies passend van bv. ‘n 32a-32d.

Categories: ,
Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Grootte

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), CUSTOM