Ketryn

R720.00

Eksklusief uit die Naak Kas, bring ons vir jou die nuutste toevoeging tot ons winter reeks, Ketryn.

Ons trotseer onself op die eksklusiwiteit wat Naak na die tafel toe bring, veral in ‘n aanlyn wêreld soos vandag en daarom is ons so ongelooflik trots op die ontwerp, juis omdat dit so uniek en eg aan Naak is.

Die langmou bloes word uit ‘n ligte scuba gemaak. Die boordjies en kragie word deur plooitjies afgerond vir die mooiste detail en laastens kry Ketryn ‘n velveet strukkie om die nek.

 

Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

Categories: ,
Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Grootte

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), CUSTOM