Katriena

R720.00

Ons trotseer onself op die eksklusiwiteit wat Naak na die tafel toe bring, veral in ‘n aanlyn wêreld soos vandag en daarom is ons so ongelooflik trots op die ontwerp, juis omdat dit so uniek en eg aan Naak is.

“Ek het die lap gesien en dadelik geweet, die lap moet die plek vul van ons vorige reeks se Prinses”. – Dit is toe waar die idee vir die pof moutjies ontstaan het, maar die keer moes ons dit anders doen. Die moutjies word geryg aan die onderkant vir ‘n totale unieke voorkoms, juis omdat ons alreeds die pofmoutjies op die skouers gedoen het.

Die kragie word deur plooitjies afgerond vir die mooiste detail en laastens kry Katerina ‘n velvet strukkie om die nek.

 

Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

Categories: ,
Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Grootte

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), CUSTOM