Die Romantikus

R695.00

‘n Reisiger, ‘n dromer, ‘n romantikus

Hierdie is al die dinge wat ek is

Ek glo in liefde, ek voel die leed

ek dra my vreugde in elke kleed

Heel my wonde, dra my las

Bederf my met ‘n klerkas

Soen my in die donker, soen my in die lig

Patrone, weelde, blomme en teksture is waarheen ek vlug

Vind my waar dit stil is, vind my met ‘n glas wyn

Vind my by Naak, aanlyn

-Susara van Zijl

 

Met liefde uit die oudedoos, bring Naak weereens vir jou ‘n tydlose item.

Geïnspireer deur die 70’s, skep die dramatiese skerp punt kraag nie net ‘n statige voorkoms nie, maar ook ‘n vintage een.

Die bloes is beskikbaar in swart, wit en olyf.

*swart strukkie nie ingesluit

 

(Kies die gratis nommerpas opsie indien jy verkies da tons hierdie item spesiaal op jou mates maak.

Jy kan jou mates hier op die produk bladsy invul, waarna die patroon volgens jou mates gegradueer sal word sodat jou item perfek pas.)

Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Grootte

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), CUSTOM

Kleur

Olyfgroen, Wit, Swart