Die Raaktrapper

R650.00

Deur woestyne, kronkelpaaie en afdraaipaadjies dra die Raaktrappers jou.

Die Raaktrappers word uit egte leer met die handgemaak deur ‘n baie vriendelike oom in Kaapstad, Suid-Afrika.

Die hoë gehalte leer sal sorg vir ‘n staatmaker in jou kas wat perfek is vir klas-loop, rondloop, afdwaal en ook vir die dames wat ‘swaar’ is op skoene.

Die skoentjies word deur 1 persoon gemaak en is dus nie ‘n massa-produksie item nie. Dit beteken ook egter dat die bees leer aangekoop word volgens kwaliteit en mag dalk soms ‘n klein bietjie verskil in kleur – ‘n tamatie, aardtappel geval. 

Alle Naak skoene en leer word met die hand gemaak en produksie daarvan kan tot en met 10 werksdae wees.

Die Naak skoen groottes is geweldig akkuraat, maar indien jy twyfel oor jou skoengrootte loer gerus na die volgende maatstaf:

Die lengte van skoene vanaf stiksel bo tot stiksel agter by hak:

2 = 23.5 cm

3 = 24 cm

4 = 24.5 cm

5 = 25 cm

6 = 26.5 cm

7 = 27.5 cm

8 = 28.5 cm

Category:
Clear
  • Additional information

Additional information

Shoe Size

2, 3, 4, 5, 6, 7, 8