Die Naak Lyfpakkie

R1,149.00

Die Naak Lyfpakkie is ‘n heel eerste vir  Naak.

Na baie beplanning en ‘n groot proses het ons vir die eerste keer ons eie handelsmerk op materiaal laat druk.

Die ontwerp is geispireër deur #dienaakvrou met vroulike elemente soos die hangestikte strukkie, die plooitjies op die borste en laastens die valletjies op die nek lyn.

Die gedrukte materiaal word gevoer aan die binnekant sodat die pakkie met selfvertroue, sonder onderklere gedra kan word met die hoofdoel dat die kledingstuk basies ook as ‘n swembroek kan dien.

Die lyf pakkie het verstelbare bandjies sodat jou boesems perfek pas en goed ondersteun word, want kom ons wees eerlik elkeen se boesems sit nie op dieselfde plek nie.

Die lyf pakkie het 3 verstellings aan die onderkant om voorsiening te maak vir elke individuele lyf tiepe.

 

 

Hoe is sy aan mekaar gesit?

Ons het die selektiewe materiaal 3 keer laat druk om die perfekte pienk te kry en daarna ons handelsmerk op spandex/polyester materiaal laat druk sodat dit as beide ‘n lyfpakkie en ‘n swembroek kan dien.

Die lyf pakkie bestaan uit 10 panele wat met hand uitgeknip en gestik word.

Die plooitjies rondom die bors paneel (cup) word versigtig ingeryg en daarna simetries in die lyfpakkie ingepas. Daarna word ‘n dun rekkie in albei die bors panele gesit sodat die valletjie paasend teen jou bors sit. Laastens kry de bors panele bo-stiksels vir afronding.

Daarna word die verstelbare bandjies vasgewerk: eers word twee ringetjies vas gewerk, na dit word die los bandjie tussen die skuiwer geryg en dan deur die ringetjie waar dit dan in plek gestik word. Daar word ook twee dun rekkies in die been holtes vas gewerk en waarna dit afgerond word met ‘n bo-stiksel.

Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Size

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L)