Die Bloes

R720.00

Die Bloes is spesiaal ontwerp vir die #naakvrou wat graag van ‘n unieke voorkoms hou.

Nie net word die hempie met die hand gemaak nie, maar word selfs gevoer aan die binnekant vir ‘n gestruktueerde voorkoms. Die Bloes word afgerond met geborduurde anglaise en ‘n egte satyn struk.

 

 

Hoe is sy gemaak:

Die gestruktueerde voorkoms van die bloes bestaan uit 3 dele: katoen aan die binnekant, geborduurde anglaise aan die buitekant en ‘n egte satyn struk agter.

Om die gestruktueerde voorkoms te bewerkstellig word die patrooneenhede 3 keer uitgenkip: een keer uit vileen, dan uit katoen, en laastens uit anlgaise.

Elke patroon paneel word met die hand gestryk sodat die tussenbelegsel en katoen een word. (Tussenbelegsel is die bykomende versterking wat tussen die anlgaise en katoen kom. Dit word gebruik om ‘n kledingstuk getailleerd te laat lyk.)

Daarna word die anglaise bo oor die kledingstuk vasgestik.

Deur ‘n spesiale tegniek word die kledingstuk so gefatsoneer dat dit soos snyerswerk perfek aan die liggaam pas.

Die doel van die plooie is om volheid in ‘n kledingstuk te verwerk. Twee rye inrygstiksels word vas gesteek en namate die grootte van die plooitjies word die onderste garing van albei punte af in getrek om die perfekte rygplooitjies te vorm.

Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Size

SS, S, M, L