Betsie

R545.00

Betsie is een van die oulikste items in die Naak kas. Sy is perfek vir somer en lente en is ongelooflik divers in terme van speling op die maat groottes.

Die hempie word ingeryg om jou middel te beklemtoon vir n vleiende en slanker voorkoms.

Betsie word agter ingeryg met ‘n rek ter ondersteuning van verskillende bors groottes en gemak.

Die hempie word uit katoen twill gemaak en afgerond met 100% anglaise.

 

Hoe is sy aan mekaar gesit?

Al 6 knopies se materiaal word individueel uitgesny en met die hand oorgetrek.

Die hempie bestaan uit 10 panele wat met die hand uitgeknip, plat gestryk en handgestik word.

Na elke naat gestik is, word die panele plat gestryk om dus die alghele kwaliteit en binding van die kledingstuk te verhoog tot op standaard.

Die gedeelte om die borsmaat word op presiese mates ingeryg sodat dit perfek plooi, daarna word die slopie op die sny lyn gelê waarop hulle ‘n bo-stiksel (top stiching) toepas.

Die toutjie word sorgvuldig en met baie geduld deur die slopie geryg en agter word daar ‘n fyn rek in plek gestik vir gemak en speling op die maat grootte.

Die kant paneeltjie word afgerond met ‘n gefatsoeneerde belegsel (facing) metode.

Clear
Alle metings moet in sentimers wees / All measurements to be in centimetres
  • Additional information

Additional information

Size

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L)