Bam x Bril.

R1,290.00R3,190.00

Vernoem na die Suid-Afrikaanse skoonheid, Melinda Bam en vervaardig deur ons gunsteling bril winkel, bring ons vir jou die stylvolle bril: Bam x Bril.

 

 

Jy het 3 opsies om die bril joune te maak:

Opsie 1: Die Bril

Opsie 1 sluit slegs die raam in + “Jou Bril” Kassie van R79 gratis

 

Opsie 2: Voorskrif

Opsie twee sluit die raam en voorskrif lense in. Sodra jy die opsie kies sal ons jou in kontak sit met die bril’jante oogkundige by Hello Bril om jou bestelling te finaliseer.

 

Opsie 3: Bloufilterlagie

Moenie ‘n bloutjie loop nie, en belê liewer in blou filter lense.

Die opsie is spesiaal vir die dames wat hulle mans se kredietkaart steel en so vir ure lank aanlyn inkopies doen.

 

Ek wil meer weet:

Hierdie opsie sluit “ZEISS”  lense wat blou lig uitfiltreer en jou oë teen slegte blouligblootstelling beskerm, so jou oê is minder moeg, jy kan beter slaap en jou oë kan langer gesond bly soos jy ouer word.

Alle rekenaars, TV-skerms en selfs ons selfone het nou hoëdefinisieskerms en gebruik almal lig van LED’s en ander soort ligbronne wat ‘n baie hoë proposie blou lig verskaf.
Die blou lig waaraan jy so gereeld bloodgestel word kan dus tot op die agterste deel van jou oog (die retina) deurdring.

Net soos UV-lig die ooglens beskadig, veroorsaak blou lig makuleere degenerasie van die retina.

Die skade war blou lig kan aanbring in permanent en onomkeerbaar en al verskaf ‘n uv-berskermende bril die regte soort beskerming, werk dit nie vir die kantoor of aanlyn-inkopies nie. Daarvoor het jy hierdie opsie nodig – selfs al kan jy uistekend sien.

Category:
Clear
  • Additional information

Additional information

Opsies

Opsie 1: Die Bril, Opsie 2: Voorskrif, Opsie 3: Bloufilterlagie