• 0 out of 5

    Klein maar getrein

    Die kort-snit toppie (crop top) is perfek vir enige geleentheid van ‘n troue tot klasloop.

    Die hempie bestaan uit 100% linne waarop ons ‘n pienk blom patroon laat druk het en katoen aan die binnekant, waarna dit afgerond word met twee treffende tulle moutjies.

    Die reguit neklyn is juis so ontwerp dat die moutjies net genoeg beklemtoon word.

    Die hempie het ook ‘n ritssluiter agter, sodat jy nie jou hare hoef deurmekaar te maak wanneer jy die hempie aantrek nie.  

     

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

     

     

     

    Hoe is sy aan mekaar gesit?

    Die ontwerp sluit twee prinses snylyne sodat die hempie passend om jou borste sit.

    Die hempie bestaan uit 5 panele wat met die hand uitgeknip, gestik en gestryk word waarna dit afgerond word met geplooide tulle moutjies.

    Na elke naat gestik is, word die panele gestryk om dus die alghele kwaliteit en binding van die kledingstuk te verhoog, tot op standaard.

    Dit hempie word met ‘n katoen gevoering om die drukwerk van die materiaal meer te laat uitstaan.

    Die moutjies word met 2 gare ingeruig om seker te maak dat dit eweredige plooitjies maak reg rondom die skouer. Daarna word die ryggare baie versigtig en met baie geduld uitgetrek en laastems word die plooitjies vasgestik op die voorste snylyne oor die tulle bandjies en einding op die agterkant.

     Die agterkant word afgerond met ingerygde rek (shirring) wat maak dat dit beslis die gemaklikste toppie in jou kas gaan wees.

    Die rek sorg ook vir speling op die maat grootte, sodat die passend om ‘n reeks borsmates pas so die hampie is basies passend van bv. ‘n 32a-32d.

    R779.00
  • 0 out of 5

    Die Hertogin

    Die Naak ‘Royal Range’ stel bekend: Die Hertogin

    Die eksklusiewe bloes se lap word vanuit Engeland ingevoer so jy sal nie sommer iemand raakloop wat so nommertjie het nie.

    Naak se ikonies pof-skouers is weer toegepas op die patroon, maar hierdie keer word die bloes met pêrel knopies afgerond.

    R920.00
  • 0 out of 5

    Die Koningin

    Naak stel bekend ons #RoyalRange

    Die eksklusiewe item is uit  ontwerpers materiaal gemaak maak en word afgerond met geplooide tulle moutjie en pêrel knopies.

    Die item words legs per bestelling gemaak.

     

     

     

     

     

     

    R998.00
  • 0 out of 5

    Voshaarnooi

    Hoor jy meisie met die sweetvoshare
    Verstaan jy die praat van die rankie snare
    Ek is verlief op die ROMP!

    Die hoë-heup romp word uit ‘n duursame tweed lap gemaak (ja, dieselfde lap as wat die handelsmerk CHANEL gebruik, wink wink)

    Die romp is gevoer aan die binnekant, en die tweed word ook versterk vir ‘n gestruktueerde voorkoms.

    Laastens word die romp afgerond met egte satyn ‘sakkies’ en ‘n soom.

    *Die tydlose romp is perfek vir winter met ‘n paar sykousies of warm sokkies.

    R779.00
  • 0 out of 5

    Die Witborskraai

    Die Witborskraai is ontwerp vir die #NaakVrou wat ‘n pakkie nodig het vir haar 09:00 besigheids afspraak, haar ‘lunch date’ saam met vriendinne, en vir haar ‘date night’ vanaand om 20:00. Een ontwerp, vele geleenthede.

    Die bloes word uit ‘n wit rek-katoen gemaak en afgerond met ‘n pragtige kraag wat versterk is aan die binnekant vir ‘n gestruktueerde voorkoms.

     

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R499.00
  • 0 out of 5

    Ouma se Swembroek

    Geinspireer deur ons eie slagspreek: met liefde uit die oudedoos, bring Naak vir jou ‘n swembroek uit die 50s.

    Die mees belangrikste faktor van die ontwerp was eerstens die pas van die swembroek en tweedens die kwaliteit en stikwerk.

    Die swembroek sal nommerpas sit aan enige liggaamsbou as gevolg van beide strukke rondom die nek en bors wat dus verstelbaar is vir enige grootte boesem en dus so ontwerp is vir die nodige ondersteuning.

    Die hoë-middel snit is spesiaal so ontwerp om aan te pas by die moderne tyd sodat jou boudjies net genoeg wys, maar nie te konswerwatief vertoon soos in die 50s nie.

    Die swembroek word spesiaal met ‘n dikker materiaal aan die binnekant gevoer  ten einde gladder voorkoms rondom jou maag en boude te verseker, wat elke duitjie en bultjie mooi wegsteek. (Net die ‘curvy’ meisies gaan weet waarvan ons hier praat.)

     

    Hoe is sy aan mekaar gesit?

    Die kleinste en heel belangrikste detail van die swembroek word heel eerste gedoen; die klein paneeltjie op die bors. Baie tyd en aandag is op die detail van die V-kragie spandeer om te sorg dat die V- punt simetries is en daarna word diebo-steek presies volgens die kurwe met die hand gestik sodat die stikwerk perfek op die vorm moet loop.

    Voor ons met die toppie kan begin moet die bande eers gemaak word. Die nek en rug bandjies word individueel met die hand gestik en met die hand na buite omgedraai.

    Om die toppie te maak word die ‘polka dot’ materiaal eers aanmekaar gewerk en daarna die voering patroon sodat jy n top van ablei het. Die kraag word in plek gewerk saam met die twee nek bande en word tussen die twee lae, ‘polka dot materiaal’ en voering geplaas en vasgestik. Die rug bandjie word nou ook tussen die twee lae gewerk sodat wanneer dit weer omgekeer word,daar nie nate in die binnekant is nie ,maar dat die item glad teen die lyfie lê.

    Heel laaste word die broekie gemaak, die voering en materiaal word saam gewerk en n rek word in die middelyf en beenholtes gestik wat dan afgerond word met n naatbedekking stiksel (coverseam).

    R897.00
  • 0 out of 5

    Sonvanger

    Die tweed rompie is ons mees ekslusiefste item in die Naak kas.

    R650.00
  • 0 out of 5

    Die Hoofmeisie

    Die Hoofmeisie staan voor in die kas as dit kom by ‘n ‘floral vintage look’.  Perfek vir die winter of somer, so defnitief ‘n over achiever.

    Die “high waisted” rompie kan met ’n ‘crop top’ of insteek hempie gedra word of met ‘n lekker snoesige truitjie in die winter.

    (Kies die gratis ‘custom’ opsie as jy verkies dat ons hierdie item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.  Ons doen dit met liefde.  Met liefde uit die oudedoos.)

    R550.00
  • 0 out of 5

    Die Vriendin

    Die Vriendin is natuurlik -die beste- nommertjie in jou kas! Die toppie is gemaklik, mooi en uniek soos ‘n ware vriendin maar is.

    Die toppie is uit 100% linne gemaak en die knopies agter sorg vir ‘n outydse en tydlose ‘look.

    Kies die gratis ‘custom’ opsie as jy verkies dat ons hierdie item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde

    #MetLiefdeUitDieOudedoos 

    R450.00
  • 0 out of 5

    Die Prinses

    Die Ikoniese Prinses is tot vandag nog ons top verkoper.

    Die Prinses was ons heel eerste ontwerp in 2017 en pas tot vandag nog by alles in die Naak kas.

    Die tydose ontwerp is die perfekte toevoeging tot jou persoonlike vintage reeks.

    Die bloes word uit ‘n wit rek katoen gemaak, die pof skouertjies gee dit ‘n unieke, vintage voorkoms.

     

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R599.00