• 0 out of 5

    Ouma se Swembroek

    Geinspireer deur ons eie slagspreek: met liefde uit die oudedoos, bring Naak vir jou ‘n swembroek uit die 50s.

    Die mees belangrikste faktor van die ontwerp was eerstens die pas van die swembroek en tweedens die kwaliteit en stikwerk.

    Die swembroek sal nommerpas sit aan enige liggaamsbou as gevolg van beide strukke rondom die nek en bors wat dus verstelbaar is vir enige grootte boesem en dus so ontwerp is vir die nodige ondersteuning.

    Die hoë-middel snit is spesiaal so ontwerp om aan te pas by die moderne tyd sodat jou boudjies net genoeg wys, maar nie te konswerwatief vertoon soos in die 50s nie.

    Die swembroek word spesiaal met ‘n dikker materiaal aan die binnekant gevoer  ten einde gladder voorkoms rondom jou maag en boude te verseker, wat elke duitjie en bultjie mooi wegsteek. (Net die ‘curvy’ meisies gaan weet waarvan ons hier praat.)

     

    Hoe is sy aan mekaar gesit?

    Die kleinste en heel belangrikste detail van die swembroek word heel eerste gedoen; die klein paneeltjie op die bors. Baie tyd en aandag is op die detail van die V-kragie spandeer om te sorg dat die V- punt simetries is en daarna word diebo-steek presies volgens die kurwe met die hand gestik sodat die stikwerk perfek op die vorm moet loop.

    Voor ons met die toppie kan begin moet die bande eers gemaak word. Die nek en rug bandjies word individueel met die hand gestik en met die hand na buite omgedraai.

    Om die toppie te maak word die ‘polka dot’ materiaal eers aanmekaar gewerk en daarna die voering patroon sodat jy n top van ablei het. Die kraag word in plek gewerk saam met die twee nek bande en word tussen die twee lae, ‘polka dot materiaal’ en voering geplaas en vasgestik. Die rug bandjie word nou ook tussen die twee lae gewerk sodat wanneer dit weer omgekeer word,daar nie nate in die binnekant is nie ,maar dat die item glad teen die lyfie lê.

    Heel laaste word die broekie gemaak, die voering en materiaal word saam gewerk en n rek word in die middelyf en beenholtes gestik wat dan afgerond word met n naatbedekking stiksel (coverseam).

    R897.00
  • 0 out of 5

    Sonvanger

    Die tweed rompie is ons mees ekslusiefste item in die Naak kas.

    R650.00
  • 0 out of 5

    Die Hoofmeisie

    Die Hoofmeisie staan voor in die kas as dit kom by ‘n ‘floral vintage look’.  Perfek vir die winter of somer, so defnitief ‘n over achiever.

    Die “high waisted” rompie kan met ’n ‘crop top’ of insteek hempie gedra word of met ‘n lekker snoesige truitjie in die winter.

    (Kies die gratis ‘custom’ opsie as jy verkies dat ons hierdie item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.  Ons doen dit met liefde.  Met liefde uit die oudedoos.)

    R550.00
  • 0 out of 5

    Die Vriendin

    Die Vriendin is natuurlik -die beste- nommertjie in jou kas! Die toppie is gemaklik, mooi en uniek soos ‘n ware vriendin maar is.

    Die toppie is uit 100% linne gemaak en die knopies agter sorg vir ‘n outydse en tydlose ‘look.

    Kies die gratis ‘custom’ opsie as jy verkies dat ons hierdie item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde

    #MetLiefdeUitDieOudedoos 

    R450.00
  • 0 out of 5

    Die Lyf-flouser

    Die lyf flouser is ‘n figuur liefhebbende rok wat uit ‘n room wit rek-denim gemaak is en spesiaal so ontwerp is vir jou om met selfvertroue te dra.

    Die dik materiaal kleef soos ‘n handskoen om jou lyf om die mooiste dele van vrou wees te beklemtoon en die middel naat sorg vir ‘n uurglas voorkoms.

    Die rok word afgerond met twee treffende moutjies met net genoeg plooitjies op die skouers.

    Die rok word oop gemaak met ‘n ritssluiter agter sodat jy nie jou hare deurmekaar hoef te maak om die rok aan te trek nie.

     

     

    Hoe is sy gemaak:

    10 panele word met die hand uitgesny en gestik.

    Heel eerste word die borsmaat gevorm wat afgerond word met belegsel.

    Daarna word die middelste paneel (waist band) ingesit om jou middel te beklemtoon vir ‘n slanker voorkoms.

    Laastens word die rok afgerond met net twee treffende moutjies. Die moutjies word met twee gare ingeruig om seker te maak dat dit eweredige plooitjies maak reg rondom die skouer. Daarna word die plooitjies vasgestik op die bandjies en die ryggare wat die plooitjies gemaak het, baie versigtig uigetrek.

     

    ‘Custom’ Opsie:

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R849.00
  • 0 out of 5

    Die Swartborskraai

    Die Swartborskraai is ontwerp vir die #NaakVrou wat ‘n pakkie nodig het vir haar 09:00 besigheids afspraak, haar ‘lunch date’ saam met vriendinne, en vir haar ‘date night’ vanaand om 20:00. Een ontwerp, vele geleenthede.

    Die bloes word uit ‘n wit rek-katoen gemaak en afgerond met ‘n pragtige kraag wat versterk is aan die binnekant vir ‘n gestruktueerde voorkoms.

     

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R499.00
  • 0 out of 5

    Sarie Marais

    Die ontwerpers-item is perfek vir enige seisoen, enige tyd van die dag en natuurlik pas swart by absoluut alles in jou kas.

    Die toppie word uit ‘n duursame rek katoen gemaak en die boonste gedeelte uit geplooide tulle.

    Laastens word die bloes afgerond met ‘n fyn tulle randjie wat dmv rygplooitjies sorg vir die mooiste detail.

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

     

     

    Hoe is sy gemaak?

    Die kraag van die bloes word heel eerste gemaak. Die tulle gedeelte van die kragie word met rygsteke op die perfte wydte geplooi en tussen die katoen kraag panele vas gestik en dan na buite gedraai. Die kragie word agter met ‘n mooi knopie afgerond.

    Die volgende stap is om die bogenoemde gedeelte in die nek holte in te pas. Om dit te doen word die skouer nate vasgestik en die nekholte met die hand ingeryg totdat dit perfek in mekaar pas. Daarna word dit versigtig in plek vasgestik.

    Sodra die lyfie se bors pylnate en snynate netjies vasgestik is, word dit aan die boonste tulle gedeelte vasgewerk.  

    Die fyn tulle randjie word dmv ryplooitjies op die snylyn perfek vasgewerk.

    Laastens word die hempie onder omgesoom.

    Ons maak dit met liefde

    #metliefdeuitdieoudedoos

    R597.00
  • 0 out of 5

    Die Prinsessie

    Naak se ikoniese Prinses is nou ook in kortmoutjies beskikbaar! 

    Nie net bied ons ‘n custom opsie op die item nie, maar ons gee ook vir die koper die opsie om die kleur van die hempie te kies: wit / swart / wit met swart omhulsel

    Die Prinsessie is perfek vir enige seisoen, in die somer kan jy die bloes werk toe, klas toe, of na n’n funksie toe dra en in die winter is sy perfek vir onder ‘n truitjie.

    Soos genoem ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R499.00
  • 0 out of 5

    Die Prinses

    Die Ikoniese Prinses is tot vandag nog ons top verkoper.

    Die Prinses was ons heel eerste ontwerp in 2017 en pas tot vandag nog by alles in die Naak kas.

    Die tydose ontwerp is die perfekte toevoeging tot jou persoonlike vintage reeks.

    Die bloes word uit ‘n wit rek katoen gemaak, die pof skouertjies gee dit ‘n unieke, vintage voorkoms.

     

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R599.00
  • 0 out of 5

    Die Boeremeisie

    Die Boeremeisie word uit ‘n sagte wit, geborduurde anglaise gemaak met ‘n pragtige valletjie aan die voor & agterkant.

    Laastens word die bloes afgerond met ‘n egte leer strukkie.

    Trek die bloes by ‘n klinknael broek en ‘n paar leer bootsies aan en jy is reg vir die plaas die winter.

    R720.00
  • 0 out of 5

    Die Dromer

    dromer: (s.nw) ‘n persoon wie hul ambisie omskep in ‘n visie en die saad plant vir die toekoms.

    Die dromer is ‘n tydlose bloes, perfek vir enige geleentheid. 

    Die bloes word uit ‘n duursame swart rek-katoen gemaak met Naak se ‘signature’ pof moutjies op die skouers.

    Laastens word die hemp met ‘n pragtige geplooide kraag en ‘n egte leer Naak ‘label’ afgerond. 

    Die bloes is een van ons mees gewildste items vir winter.

     

     

    ……Hulle noem ons dromers, maar dis ons wat nie slaap nie.

    R520.00
  • 0 out of 5

    Die Plain Jane

    Plain Jane, hart klein, wat bly op ‘n plaas op Matjiesfontein.

    Sy ry trein,  koop aanlyn, enige plek met sein.

     

    Die Plain Jane is tydloos, gemaklik en met haar pragtige roes bruin kleur pas sy by enige iets in jou kas die winter!

    Die bloes word uit katoen gemaak, en die ontwerp sluit natuurlik ons ‘signature’ pof moutjies ook in.

    Die moutjies en die elmboog area is dmv ‘n ‘shirring’ tegniek afgerond vir ‘n totale unieke en gedetaileerde voorkoms.

     

    Bekendes soos LEAH en ander deelnemers op Boer soek ‘n Vrou 2019 was gewaar in die nommertjie, dit wys jou net, daar is ‘n plain jane in almal van ons.

    R520.00