• 0 out of 5

    Die Buurvrou

    Jy gaan die mooiste buurvrou wees met hierdie hoe-heup kortbroek.

    Die broekie kan gedra word met enige hempie en is geskik vir enige geleentheid. 

    Vir die voller figuur is die broekie ook perfek om die heupies kleiner te laat lyk en die magie weg te steek.

    Juis as gevolg van die broekie se snit, kan jy selfs ‘n ‘crop top’ daarby dra en al die buurmanne se koppe laat draai.

    Die Buurvrou word gemaak van ‘n kombinasie van katoen en linne, ‘n ontwerpers-lap wat vanuit Engeland ingevoer word, wat beteken jy sal nie sommer nog so ‘n buurvroutjie raak loop nie.

    Die broekie het ook ‘n rek in agter wat sorg vir speling op die maat-grootte en wat voor ‘n mooi struk maak.

    (Kies die custom opsie as jy verkies dat ons  hierdie item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde.  Met liefde uit die oude doos.)

    R620.00
  • 0 out of 5

    Die Marciel Bloes

    Internasionale model, aktrise en nuwe aanbieder van Boer soek ‘n vrou 2020, Marciel Hopkins pronk vanjaar op stel in die Naak nommertjie.

     

    Ons het die bloes spesiaal vir haar ontwerp.

    Die pof moutjies is tog so eien aan ons handelsmerk en die gupunte boordjie skep ‘n statige en professionele voorkoms wat die bloes lekker veelsydig maak.

    Die bloes is ook beskikbaar in kortmou sowel in olyf groen, beide swart & wit.

    R620.00
  • 0 out of 5

    Die Naak Lyfpakkie

    Die Naak Lyfpakkie is ‘n heel eerste vir  Naak.

    Na baie beplanning en ‘n groot proses het ons vir die eerste keer ons eie handelsmerk op materiaal laat druk.

    Die ontwerp is geispireër deur #dienaakvrou met vroulike elemente soos die hangestikte strukkie, die plooitjies op die borste en laastens die valletjies op die nek lyn.

    Die gedrukte materiaal word gevoer aan die binnekant sodat die pakkie met selfvertroue, sonder onderklere gedra kan word met die hoofdoel dat die kledingstuk basies ook as ‘n swembroek kan dien.

    Die lyf pakkie het verstelbare bandjies sodat jou boesems perfek pas en goed ondersteun word, want kom ons wees eerlik elkeen se boesems sit nie op dieselfde plek nie.

    Die lyf pakkie het 3 verstellings aan die onderkant om voorsiening te maak vir elke individuele lyf tiepe.

     

     

    Hoe is sy aan mekaar gesit?

    Ons het die selektiewe materiaal 3 keer laat druk om die perfekte pienk te kry en daarna ons handelsmerk op spandex/polyester materiaal laat druk sodat dit as beide ‘n lyfpakkie en ‘n swembroek kan dien.

    Die lyf pakkie bestaan uit 10 panele wat met hand uitgeknip en gestik word.

    Die plooitjies rondom die bors paneel (cup) word versigtig ingeryg en daarna simetries in die lyfpakkie ingepas. Daarna word ‘n dun rekkie in albei die bors panele gesit sodat die valletjie paasend teen jou bors sit. Laastens kry de bors panele bo-stiksels vir afronding.

    Daarna word die verstelbare bandjies vasgewerk: eers word twee ringetjies vas gewerk, na dit word die los bandjie tussen die skuiwer geryg en dan deur die ringetjie waar dit dan in plek gestik word. Daar word ook twee dun rekkies in die been holtes vas gewerk en waarna dit afgerond word met ‘n bo-stiksel.

    R720.00
  • 0 out of 5

    Die Nuuskierige Buurvrou

    Die Nuuskierige Buurvrou wil gedurig alles weet, maar wat sy die weet nie is dat die hoë-heup broekie eksklusief ontwerp was vir Naak, wat beteken jy sal nie sommer so buurvroutjie raakloop nie.

    Die unieke broekie word uit ‘n rek katoen gemaak en daarom is sy ongelooflik gemaklik.

     Met plooitjies langs die kant en ‘n ritsluier voor en ‘n oortrek knopie pronk die broekie behoorlik as enig in haar soort.

    Kies  ons ‘nommerpas’ opsie indien jy wil hê dat ons die broekie spesiaal vir jou maak. Ons gradueer die patroon spesiaal volgens jou mates en liggaamsbou, sodat die broekie nie net in proporsie bly nie, maar ook perfek pas!  

    R620.00
  • 0 out of 5

    Die Swart Strik

    Moenie in die strik trap nie, dit is eintlik ‘n pom-pom haar rekkie so dit maak dit baie maklik om jou hare hiermee vas te maak en sodoende bly die strik perfek!

    Die strik word handgemaak uit 100% katoen.

    R99.00
  • 0 out of 5

    Skoonsus

    Ons almaar hou van ons skoonsus, net so sal jy mal wees oor hiertoe bloes!

    Met liefde uit die oudedoos, bring ons vir jou ‘n tydlose ontwerp vir somer!

    Die swart katoen bloes lê behoorlik klem op ons bekende pof skouertjies en met die simmetriese neklyn skep dit die perfekte tydlose vintage voorkoms.

    (Kies die custom / nommerpas opsie indien jy verkies dat ons hierdie kledingstuk spesiaal vir jou liggaamsbou maak.

    Die patroon sal volgens jou mates gegradueer word sodat dit perfek pas.)

     

    R599.00
  • 0 out of 5

    Die Bloes

    Die Bloes is spesiaal ontwerp vir die #naakvrou wat graag van ‘n unieke voorkoms hou.

    Nie net word die hempie met die hand gemaak nie, maar word selfs gevoer aan die binnekant vir ‘n gestruktueerde voorkoms. Die Bloes word afgerond met geborduurde anglaise en ‘n egte satyn struk.

     

     

    Hoe is sy gemaak:

    Die gestruktueerde voorkoms van die bloes bestaan uit 3 dele: katoen aan die binnekant, geborduurde anglaise aan die buitekant en ‘n egte satyn struk agter.

    Om die gestruktueerde voorkoms te bewerkstellig word die patrooneenhede 3 keer uitgenkip: een keer uit vileen, dan uit katoen, en laastens uit anlgaise.

    Elke patroon paneel word met die hand gestryk sodat die tussenbelegsel en katoen een word. (Tussenbelegsel is die bykomende versterking wat tussen die anlgaise en katoen kom. Dit word gebruik om ‘n kledingstuk getailleerd te laat lyk.)

    Daarna word die anglaise bo oor die kledingstuk vasgestik.

    Deur ‘n spesiale tegniek word die kledingstuk so gefatsoneer dat dit soos snyerswerk perfek aan die liggaam pas.

    Die doel van die plooie is om volheid in ‘n kledingstuk te verwerk. Twee rye inrygstiksels word vas gesteek en namate die grootte van die plooitjies word die onderste garing van albei punte af in getrek om die perfekte rygplooitjies te vorm.

    R720.00
  • 0 out of 5

    Skoonma

    Ons almal hou nie altyd van ons Skoonma nie, maar in hierdie geVALLETJIE sal jy mal wees oor haar!

    Die bloes word handgemaak en was ontwerp met liefde uit die oudedoos.

    Die outydse boordjie word met die hand geplooi en vasgewerk en dieselfde detail word herhaal op die moutjies. 

    Naak se ikonies pofmoutjies skep ‘n vintage voorkoms met net genoeg pof sodat jy dit by enigeiets kan dra.

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

     

    R599.00
  • 0 out of 5

    Katriena

    Ons trotseer onself op die eksklusiwiteit wat Naak na die tafel toe bring, veral in ‘n aanlyn wêreld soos vandag en daarom is ons so ongelooflik trots op die ontwerp, juis omdat dit so uniek en eg aan Naak is.

    “Ek het die lap gesien en dadelik geweet, die lap moet die plek vul van ons vorige reeks se Prinses”. – Dit is toe waar die idee vir die pof moutjies ontstaan het, maar die keer moes ons dit anders doen. Die moutjies word geryg aan die onderkant vir ‘n totale unieke voorkoms, juis omdat ons alreeds die pofmoutjies op die skouers gedoen het.

    Die kragie word deur plooitjies afgerond vir die mooiste detail en laastens kry Katerina ‘n velvet strukkie om die nek.

     

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R720.00
  • 0 out of 5

    Ketryn

    Eksklusief uit die Naak Kas, bring ons vir jou die nuutste toevoeging tot ons winter reeks, Ketryn.

    Ons trotseer onself op die eksklusiwiteit wat Naak na die tafel toe bring, veral in ‘n aanlyn wêreld soos vandag en daarom is ons so ongelooflik trots op die ontwerp, juis omdat dit so uniek en eg aan Naak is.

    Die langmou bloes word uit ‘n ligte scuba gemaak. Die boordjies en kragie word deur plooitjies afgerond vir die mooiste detail en laastens kry Ketryn ‘n velveet strukkie om die nek.

     

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R720.00
  • Die Juffrou BaadjieDie Juffrou 04
    0 out of 5

    Die Juffrou

    Die baadjie is die ‘ultimate’ item in enige dame se kas en beslis ‘n ‘all rounder’ – perfek vir enige seisoen.

    Die Juffrou kan net mooi by enige geleentheid gedra word, hetsy dit in die klaskamer, op  kantoor, by ‘n kuier saam met vriende of tydens ‘n aandjie uit is.

    Die Juffrou kan vas gemaak word vir ‘n meer deftige voorkoms of los gedra word vir ‘n meer ‘casual’ look.

    Die Juffrou is 100% katoen.

     

    (Kies die gratis ‘custom’ opsie as jy verkies dat ons hierdie item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.  Ons doen dit met liefde.  Met liefde uit die oudedoos.)

    R1,000.00
  • 0 out of 5

    Madeliefie

    Geinspireër deur die beste televisie reeks ooit: Gossip Girl

    Die handelsmerk Chanel word regdeur die reeks gesien en daarom het ons ‘n broekie ontwerp sodat jy die stylvolle Blair Waldorf of Serena van der Woodsen binne jou kan wakker maak

    Die hoê middellyf broekie word uit ‘n hoë gehalte tweed gemaak en aan die binnekant met egte satyn gevoer.

    Laastens word die broekie afgerond met twee ‘sakkies’ aan die voorkant vir ‘n slanker voorkoms.

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

     

     

    Hoe is sy met die hand gemaak?

    Fyf patroon panele word met die hand uit tweed gesny en daarna 5 satyn panele.

    Die 10 panele kry elkeen tussenbelegsel ten einde ‘n stewiger voorkoms te verseker en vir die item om sy silhoeët te behou.

    Die voorste detail rondom die sak flappies word uit satyn gesny en tussen die snynate vasgewerk.

    Laastens word die ritssluiter agter vasgewerk.

    R879.00