• 0 out of 5

    Die Lyf-flouser

    Die lyf flouser is ‘n figuur liefhebbende rok wat uit ‘n room wit rek-denim gemaak is en spesiaal so ontwerp is vir jou om met selfvertroue te dra.

    Die dik materiaal kleef soos ‘n handskoen om jou lyf om die mooiste dele van vrou wees te beklemtoon en die middel naat sorg vir ‘n uurglas voorkoms.

    Die rok word afgerond met twee treffende moutjies met net genoeg plooitjies op die skouers.

    Die rok word oop gemaak met ‘n ritssluiter agter sodat jy nie jou hare deurmekaar hoef te maak om die rok aan te trek nie.

    Hoe is sy gemaak:

    10 panele word met die hand uitgesny en gestik.

    Heel eerste word die borsmaat gevorm wat afgerond word met belegsel.

    Daarna word die middelste paneel (waist band) ingesit om jou middel te beklemtoon vir ‘n slanker voorkoms.

    Laastens word die rok afgerond met net twee treffende moutjies. Die moutjies word met twee gare ingeruig om seker te maak dat dit eweredige plooitjies maak reg rondom die skouer. Daarna word die plooitjies vasgestik op die bandjies en die ryggare wat die plooitjies gemaak het, baie versigtig uigetrek.

    ‘Custom’ Opsie:

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R980.00
  • 0 out of 5

    Die Swartborskraai

    Die Swartborskraai is ontwerp vir die #NaakVrou wat ‘n pakkie nodig het vir haar 09:00 besigheids afspraak, haar ‘lunch date’ saam met vriendinne, en vir haar ‘date night’ vanaand om 20:00. Een ontwerp, vele geleenthede.

    Die bloes word uit ‘n wit rek-katoen gemaak en afgerond met ‘n pragtige kraag wat versterk is aan die binnekant vir ‘n gestruktueerde voorkoms.

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R499.00
  • 0 out of 5

    Sarie Marais

    Die ontwerpers-item is perfek vir enige seisoen, enige tyd van die dag en natuurlik pas swart by absoluut alles in jou kas.

    Die toppie word uit ‘n duursame rek katoen gemaak en die boonste gedeelte uit geplooide tulle.

    Laastens word die bloes afgerond met ‘n fyn tulle randjie wat dmv rygplooitjies sorg vir die mooiste detail.

    Ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    Hoe is sy gemaak?

    Die kraag van die bloes word heel eerste gemaak. Die tulle gedeelte van die kragie word met rygsteke op die perfte wydte geplooi en tussen die katoen kraag panele vas gestik en dan na buite gedraai. Die kragie word agter met ‘n mooi knopie afgerond.

    Die volgende stap is om die bogenoemde gedeelte in die nek holte in te pas. Om dit te doen word die skouer nate vasgestik en die nekholte met die hand ingeryg totdat dit perfek in mekaar pas. Daarna word dit versigtig in plek vasgestik.

    Sodra die lyfie se bors pylnate en snynate netjies vasgestik is, word dit aan die boonste tulle gedeelte vasgewerk.  

    Die fyn tulle randjie word dmv ryplooitjies op die snylyn perfek vasgewerk.

    Laastens word die hempie onder omgesoom.

    Ons maak dit met liefde

    #metliefdeuitdieoudedoos

    R597.00
  • 0 out of 5

    Die Prinsessie

    Naak se ikoniese Prinses is nou ook in kortmoutjies beskikbaar! 

    Nie net bied ons ‘n custom opsie op die item nie, maar ons gee ook vir die koper die opsie om die kleur van die hempie te kies: wit / swart / wit met swart omhulsel

    Die Prinsessie is perfek vir enige seisoen, in die somer kan jy die bloes werk toe, klas toe, of na n’n funksie toe dra en in die winter is sy perfek vir onder ‘n truitjie.

    Soos genoem ons bied ‘n ‘custom’ opsie op hierdie kledingstuk wat beteken ons kan die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak.

    Die patroon van die ontwerp word gegradueer volgens die mates wat jy op die produk bladsy invul en ‘n ekstra koste van slegs R80 word bygevoeg in jou mandjie.

    R499.00
  • 0 out of 5

    Die Prinses

    Die Ikoniese Prinses is tot vandag nog ons top verkoper.

    Die Prinses was ons heel eerste ontwerp in 2017 en pas tot vandag nog by alles in die Naak kas.

    Die tydose ontwerp is die perfekte toevoeging tot jou persoonlike vintage reeks.

    Die bloes word uit ‘n wit rek katoen gemaak, die pof skouertjies gee dit ‘n unieke, vintage voorkoms.

    R599.00