-
Die Klasloper
Die Klasloper is beslis nie ‘n leersak wat jy net kan gebruik indien jy klas bywoon nie. Dis ook ‘n ideale bykomstigheid vir jou alledaagse take – hetsy jy rondloop, inkopies doen of selfs net werk toe gaan.
Die volgreinleer-sak het selfs ‘n sysakkie vir munte, want mens benodig altyd kleingeld vir ‘n karwag.
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
Afmetings in cm: 25(L) x 12(W) x 28(H)