-
Die Hangsak
Die Hangsak word uit volgreinleer gemaak en afgerond met ‘n brass kleur drukknopie.
Dié duursame handsak word deur Fynbos Leather vervaardig.
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
Afmetings in cm: 30(L) × 25(W) × 6(H)
-
Die Naak Handsak: Antjie Krog
“ek staan op en laat vir jou ‘n roos kantoor toe stuur
sedert ek daardie oggend opgekyk
en jou tussen die karikature betrap het
het ek jou lief”-Antjie Krog
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak met die sjarme van vroeërjare.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte pienk fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.
Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word.
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Naak Kruisbande
Die egte leer kruisbande kan enige uitrusting ‘n vintage voorkoms gee.
Die item word eksklusief vir Naak gemaak deur Fynbos Leather en produksie vir hierdie item kan tot en met 10 werksdae neem.
-
Die Naak Handsak: Breyten Breytenbach
“Net duskant die wingerd groei ‘n mak roos
mensig maar die lug is knypskoon”
– Breyten Breytenbach
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte mostertkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.
Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word.
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Let asseblief daarop dat ons huidiglik nie die spesifieke handsak in voorraad het nie. Hierdie handsak word handgemaak en die produksietydperk sal ongeveer 2 weke wees.
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Soolmaat
Ons elkeen het ‘n Soolmaat nodig…
Die een met wie jy die langpad kan aandurf en myle ver kan loop.
Die soolmaat is eg, egte leer
Die skoentjies word deur een persoon gemaak van begin tot einde en is dus nie ‘n massaproduksie-item nie. Dit beteken ook egter dat slegs die beste kwaliteit beesleer aangekoop en die kleur mag dalk soms ‘n klein bietjie verskil – ‘n tamatie/tômatie geval.
Die produksietyd van hierdie skoene kan ook tot-en-met 10 werksdae wees.
Naak-skoengroottes is baie akkuraat. Indien jy twyfel oor jou skoengrootte, loer gerus na die volgende afmetings om jou Naakgrootte te bepaal.
Hierdie is die lengtes van skoene vanaf die stiksel voor by die toon tot die stiksel agter by hak:
Nommer 2 = 23.5 cm
Nommer 3 = 24 cm
Nommer 4 = 24.5 cm
Nommer 5 = 25 cm
Nommer 6 = 26.5 cm
Nommer 7 = 27.5 cm
-
Die Betties
Die Betties is die tipiese ‘all rounder’ in die skoen afdeling.
In die winter kan jy mooi sokkies by haar antrek vir die mooiste ‘vintage’ voorkoms en in die somer kan jy haar met naakte voete by ‘n mooi rompie dra.
Die Bettie is baie duursaam en word handgemaak van egte leer.
Die skoentjies word deur een persoon gemaak van begin tot einde en is dus nie ‘n massaproduksie-item nie. Dit beteken ook egter dat slegs die beste kwaliteit beesleer aangekoop en die kleur mag dalk soms ‘n klein bietjie verskil – ‘n tamatie/tômatie geval.
Die produksietyd van hierdie skoene kan ook tot-en-met 10 werksdae wees.
Naak-skoengroottes is baie akkuraat. Indien jy twyfel oor jou skoengrootte, loer gerus na die volgende afmetings om jou Naakgrootte te bepaal.
Hierdie is die lengtes van skoene vanaf die stiksel voor by die toon tot die stiksel agter by hak:
Nommer 2 = 23.5 cm
Nommer 3 = 24 cm
Nommer 4 = 24.5 cm
Nommer 5 = 25 cm
Nommer 6 = 26.5 cm
Nommer 7 = 27.5 cm
Nommer 8 = 28.5 cm
-
Die Skooltassie
Dié egte leer sak is ‘n ‘vintage’ toevoeging to enigiets in die Naak-kas.
Dit word uit volgreinleer vervaardig en bestaan uit twee kompartemente met ‘n ekstra sakkie om jou kosbare besittings veilig te hou.
Die handsak word met die hand gemaak met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 32(L) X 22(B) X 12(H)
Beskikbaar in Donkerbruin en ‘Tan’
-
Adam se Skootrekenaar Tas
Ons stel bekend: ons egte leer skootrekenaarsak. Dié tas kan ook dien as ‘n skooltas, ‘n kantoorsak of selfs ‘n handsak, want hy is so veelsydig!
Die tas word uit volgreinleer gemaak en bestaan uit 7 leer vakkies wat gevoer word deur ‘n ekstra sagte leer sodat jou skootrekenaar ekstra beskerming kan geniet.
Hierdie tas het ‘n verstelbare skouerband en selfs ‘n agterband indien jy dit soos ‘n rugsak sou wou dra.
Die vakkies het ‘n ritssluiersakkie aan beide die voorkant en agterkant wat ideaal is vir die waardevolle ekstras wat jy saamdra.
Die ander 4 vakkies aan die binnekant is vir storieboeke, liefdesbriewe, skootrekenaar-herlaaier, ens.
Die voorste vakkie het soliede brass gespes met magnetiese knippies vir maklik en vinnig oopmaak.
Handgemaak in Suid-Afrika deur Fynbos Leather.
Handgemaak met liefde.
Met liefde uit die oudedoos.
(Produksie kan 1-10 werksdae neem.)
Afmetings in cm: 45(L) x 32(B) x 14(H)
-
Leer Grimeersakkie
Dié egte leer grimeersakkie is die perfekte geskenk van jouself, aan jouself.
Die sakkie word uit volgreinleer gemaak en vervaardig deur Fynbos Leather.
Afmetings: 20(L) x 5(W) x 8(H)cm
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
-
Die Naak Handsak: Anna-Mart van der Merwe
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos. Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterd fluweel gevoer aan die binnekant en met ‘n hoe gehalte tweed lap aan die buitekant. Die gestruktueerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leer band wat ook afgehaal kan word. Die ingevoerde handvatsel word met die hand sorgvuldig vasgeryg en laastens word ons Naak Handelsmerk vasgewerk. Met liefde Met liefde uit die oudedoos
-
Die Naak Handsak: C.J. Langenhoven
“Die slim man ken al die paaie,
die wyse man ken die regte pad”
– C.J. Langenhoven
Pak die ‘regte pad’ aan in styl met Die Naak Handsak.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant. Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word. Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Funksie Flap
Die Funksie Flap is ‘n moet-hê by jou volgende funksie.
Die potlood-grootte sakkie word uit volgreinleer gemaak en vervaardig deur Fynbos Leather.
Die sakkie het ook ‘n polsbandjie sodat jy dit sommer ook as ‘n bykomstigheid kan dra.
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
Afmetings: 25cm x 14cm x 1.5cm