-
Die Naak Handsak: Breyten Breytenbach
“Net duskant die wingerd groei ‘n mak roos
mensig maar die lug is knypskoon”
– Breyten Breytenbach
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte mostertkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.
Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word.
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Let asseblief daarop dat ons huidiglik nie die spesifieke handsak in voorraad het nie. Hierdie handsak word handgemaak en die produksietydperk sal ongeveer 2 weke wees.
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Skooltassie
Dié egte leer sak is ‘n ‘vintage’ toevoeging to enigiets in die Naak-kas.
Dit word uit volgreinleer vervaardig en bestaan uit twee kompartemente met ‘n ekstra sakkie om jou kosbare besittings veilig te hou.
Die handsak word met die hand gemaak met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 32(L) X 22(B) X 12(H)
Beskikbaar in Donkerbruin en ‘Tan’
-
Adam se Skootrekenaar Tas
Ons stel bekend: ons egte leer skootrekenaarsak. Dié tas kan ook dien as ‘n skooltas, ‘n kantoorsak of selfs ‘n handsak, want hy is so veelsydig!
Die tas word uit volgreinleer gemaak en bestaan uit 7 leer vakkies wat gevoer word deur ‘n ekstra sagte leer sodat jou skootrekenaar ekstra beskerming kan geniet.
Hierdie tas het ‘n verstelbare skouerband en selfs ‘n agterband indien jy dit soos ‘n rugsak sou wou dra.
Die vakkies het ‘n ritssluiersakkie aan beide die voorkant en agterkant wat ideaal is vir die waardevolle ekstras wat jy saamdra.
Die ander 4 vakkies aan die binnekant is vir storieboeke, liefdesbriewe, skootrekenaar-herlaaier, ens.
Die voorste vakkie het soliede brass gespes met magnetiese knippies vir maklik en vinnig oopmaak.
Handgemaak in Suid-Afrika deur Fynbos Leather.
Handgemaak met liefde.
Met liefde uit die oudedoos.
(Produksie kan 1-10 werksdae neem.)
Afmetings in cm: 45(L) x 32(B) x 14(H)
-
Leer Grimeersakkie
Dié egte leer grimeersakkie is die perfekte geskenk van jouself, aan jouself.
Die sakkie word uit volgreinleer gemaak en vervaardig deur Fynbos Leather.
Afmetings: 20(L) x 5(W) x 8(H)cm
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
-
Die Naak Handsak: Anna-Mart van der Merwe
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos. Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterd fluweel gevoer aan die binnekant en met ‘n hoe gehalte tweed lap aan die buitekant. Die gestruktueerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leer band wat ook afgehaal kan word. Die ingevoerde handvatsel word met die hand sorgvuldig vasgeryg en laastens word ons Naak Handelsmerk vasgewerk. Met liefde Met liefde uit die oudedoos
-
Die Naak Handsak: C.J. Langenhoven
“Die slim man ken al die paaie,
die wyse man ken die regte pad”
– C.J. Langenhoven
Pak die ‘regte pad’ aan in styl met Die Naak Handsak.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant. Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word. Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Funksie Flap
Die Funksie Flap is ‘n moet-hê by jou volgende funksie.
Die potlood-grootte sakkie word uit volgreinleer gemaak en vervaardig deur Fynbos Leather.
Die sakkie het ook ‘n polsbandjie sodat jy dit sommer ook as ‘n bykomstigheid kan dra.
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
Afmetings: 25cm x 14cm x 1.5cm
-
Die Klasloper
Die Klasloper is beslis nie ‘n leersak wat jy net kan gebruik indien jy klas bywoon nie. Dis ook ‘n ideale bykomstigheid vir jou alledaagse take – hetsy jy rondloop, inkopies doen of selfs net werk toe gaan.
Die volgreinleer-sak het selfs ‘n sysakkie vir munte, want mens benodig altyd kleingeld vir ‘n karwag.
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
Afmetings in cm: 25(L) x 12(W) x 28(H)