-
Die Naak Handsak
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak met die sjarme van vroeërjare.
Die egte leer handsak word met Hertex se blommateriaal aan die binnekant gevoer en het sagte pienk fluweel aan die buitekant.
Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband (wat ook afgehaal kan word indien jy sou wou).
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Let asseblief daarop dat ons huidiglik nie die spesifieke handsak in voorraad het nie.
Hierdie handsak word handgemaak en die produksietydperk sal ongeveer 2 weke wees.
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Maansak
Die Maansak (aka “moonbag”) is die perfekte toevoeging tot jou daaglikse roetine!
Die Maansak word uit volgreinleer gemaak en het ‘n verstelbare middelband. Jy kan ook die sakkie afhaal en dit net as ‘n belt gebruik. Klink vir ons na ‘n moet-hê item!
Die sakkie is die perfekte grootte vir jou selfoon, bankkaart en lipstiffie.
Dit word vervaardig deur die wonderlike span by Fynbos Leather.
Afmetings van die sakkiegedeelte: 18cm x 10cm
Groottes om van te kies as jy bestel:
Klein (S): Pas by kleregroottes 28 – 32
Medium (M): Pas by kleregroottes 34 – 38
Groot (L): Pas by kleregroottes 40 – 44
-
Die Naak Handsak – Marita van der Vyfer
“Dis seker hoekom mens ‘n beste vriendin moet hê, dink ek terwyl ek saam haar stap. Om jou hand vas te hou as jy uitmekaarval”
― Marita van der Vyver
Bederf jou beste vriendin (of enige ander vriendin!) met ‘n Naak Handsak.
Eksklusief aan Naak, is ‘n tydlose handsak uit die oudedoos. Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het ‘n hoë gehalte tweed-materiaal aan die buitekant. Die gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat afgehaal kan word. Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Naak Handsak: Laurika Rauch
“Dalk is die liefde soos die reën
Dit sal die aarde plek-plek seën”– Laurika Rauch
Seën iemand met ‘n Naak Handsak.
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos. Dié egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het hoë gehalte tweed-materiaal aan die buitekant. Die gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat afgehaal kan word. Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Naak Handsak: N.P. van Wyk Louw
“My naakte siel wil sonder skrome
in alles eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap ons drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die bloue maan;
gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge se, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde. “
– N.P. van Wyk Louw
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos. Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleu fluweel gevoer aan die binnekant en met ‘n hoë gehalte tweedmateriaal aan die buitekant. Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leer band wat afgehaal kan word. Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Verstriklike Mooi Beltjie
Die ‘verstriklike mooi’ egte leer beltjie word handgemaak uit volgreinleer.
Die produksietyd van hierdie item kan tot-en-met 10 werksdae neem.
– Beskikbaar in ‘tan’ en swart
– Beperkte hoeveelheid beskikbaar
Groottes om van te kies as jy bestel:
Klein (S): Pas by kleregroottes 28 – 32
Medium (M): Pas by kleregroottes 34 – 38
Groot (L): Pas by kleregroottes 40 – 44
-
Die Naak Handsak: Ingrid Jonker
“Wees jy die pad waarlangs ek weer kaalvoet oor die dubbeldorings loop
na waar die varing en varklbom groei
-Die gousblom kranse oor die velde knoop”
– Ingrid Jonker
Loop die langpad met met Jou Naak Handsak.
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.
Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word.
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Naak Handsak: Dalene Matthee
“Herinneringe is agter gelaat terwyl jy aanhou loop het elke keer moes jy jou pad moes terug vind, maar partykeer was dit beter om glad nie terug te draai nie”
– Dalene Matthee
Maak baie goeie herinneringe met jou egter leer Naak Handsak!
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.
Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word.
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Naak Handsak: André P. Brink
“Skryf bring jou in kontak met dinge wat jy vergeet het. Ek skryf om uit te kom by iets wat ek weet ek nie by sal uitkom nie. Maar ek moet aanhou probeer.”
-André P. Brink
Die Naak Handsak is groot genoeg vir al jou penne en selfs ‘n boek!
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak met die sjarme van vroeërjare.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte mosterdkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.
Die gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband (wat ook afgehaal kan word indien jy sou wou).
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Met liefde uit die oudedoos
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Die Hangsak
Die Hangsak word uit volgreinleer gemaak en afgerond met ‘n brass kleur drukknopie.
Dié duursame handsak word deur Fynbos Leather vervaardig.
Let asseblief daarop dat die handsak handgemaak word en dat produksie 1-10 werksdae neem.
Afmetings in cm: 30(L) × 25(W) × 6(H)
-
Die Naak Handsak: Antjie Krog
“ek staan op en laat vir jou ‘n roos kantoor toe stuur
sedert ek daardie oggend opgekyk
en jou tussen die karikature betrap het
het ek jou lief”-Antjie Krog
Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak met die sjarme van vroeërjare.
Die egte leer handsak word met ‘n sagte pienk fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.
Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word.
Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.
Afmetings in cm: 25(L) x 30(W) x 24(H)
-
Naak Kruisbande
Die egte leer kruisbande kan enige uitrusting ‘n vintage voorkoms gee.
Die item word eksklusief vir Naak gemaak deur Fynbos Leather en produksie vir hierdie item kan tot en met 10 werksdae neem.