Naak [na:k]

(b.nw)ontbloot; onbedek; openbaar; heeltemal sigbaar

(adj): undisguised; blatant; naked of something such as feelings or behaviour “the real me”

Soos die woordeboek sê: ‘undisguised’ / onvermom – Die ware jy.

Dit is waar die konsep vir Naak begin het…’n klere reeks vir ‘die ware jy’.

‘n Klere reeks wat nie deel vorm van huidige modes nie, maar eerder ‘n reeks wat die huidige vrou vier en omhels met kleure, teksture, blomme en styl.  Dit maak nie saak in watter fase van die lewe jy jouself bevind nie.  Naak gaan oor jou.  Die Naak vrou.

Die Naak vrou beeld haar persoonlikheid uit in haar styl.

Sy dra die kuns waarvan sy die spierwit doek is

Sy dra haarself

Sy dra Naak